Arbeidsterapie insette is daarop gemik om die kind te help om sy volle potensiaal te bereik binne sy skolastiese - en tuisomgewing, met inagneming van sy unieke persoonlikheid, werkstempo en ook vermoë.

Areas wat aangespreek word:

  • Sensoriese prosessering, insluitend sensoriese modulasie en sensoriese diskriminasie.
  • Praksis
  • Grof motoriese vaardighede insluitend balans, bal vaardighede, bilaterale integrasie, midlyn kruising en grof motoriese koördinasie.
  • Posturele aspekte insluitend spiersterkte, posturele spiertonus, skouer stabiliteit en posturele kontrole.
  • Visuele persepsie insluitend konsepformasie en ook die visueel perseptuele vaardighede wat die onderbou vorm van verdere akademiese vordering, aangesien hierdie areas die boublokke is vir skolastiese vaardighede soos lees, spelling, skrif en wiskunde.
  • Fyn motoriese koördinasie en vaardighede, insluitend in-hand spiersterkte, in-hand manipulasie, greepformasie, knip, inkleur, teken, letterformasie en ook visueel motoriese integrasie.
  • Aandag afleibaarheid, konsentrasie asook werkspoed.

 

Tipe sessies:

  • Individuele sessies se tydsduur en die aantal per week word bepaal deur die kind se behoeftes.
  • Groep sessies word op ‘n weeklikse basis aangebied.  ‘n Maksimum van 3 - 4 leerders per groep.  ‘n Groepsessie duur 60 minute.
  • Tuisprogramme
  • Ouerleiding

 

 

Arbeidsterapeut

 

 

Annika Retief

 

Annika Meyer Retief is gebore met ‘n liefde vir speel en die speel lus het net nooit verdwyn nie, daarom speel sy nou ook daagliks as beroep. Van haar ander liefdes sluit in: haar verlosser Jesus Christus, lekker kos, troeteldiere, haar man en familie. Sy is gebore in Pretoria en het daar groot geword. Sy het Arbeidsterapie gestudeer aan die Universiteit van Pretoria en haar graad in 2014 ontvang. Daarna het sy haar gemeenskapsdiens jaar by die moeder en baba hospitaal in Newcastle, KwaZulu Natal gedoen, dis ook in hierdie dorpie waar sy haar man ontmoet het. Daarna het sy in Johannesburg gewerk in ‘n privaat multi dissiplinêre, pediatriese praktyk. Einde 2017 het sy verhuis na die Paarl om nader aan haar verloofde en nou ook haar man te bly. Haar passie is om te lewe met ‘n doel en daarom wil sy seker maak dat elke kind wat oor haar pad gestuur word, sal besef hoe spesiaal en besonders hy/sy is. Sy stel spesifiek belang in die behandeling van kinders (0-10) met sensoriese integrasie probleme, leerprobleme, outisme en ander sindrome en algemene ontwikkelingsagterstande.

Kwalifikasies en opleiding:

 

B.Arb (Cum Laude); Ayres Sensoriese Integrasie (besig met opleiding); Interactive Metronome aanbieder; DIRFloortime Fondasie vlak aanbieder, Basiese Neuro-ontwikkeling assessering en behandeling van kinders.